|
|
| 100th Rally in a Row !!!
Hannes & Joan Mundey Gedurende die Januarie 2010 Nasionale Saamtrek gehou te Kuilsrivier Karavaanpark, het Hannes en Joan Mundey ‘n besondere persoonlike mylpaal bereik, naamlik om 100 saamtrekke in ‘n ry by te woon, dis nou sonder om een tussenin te mis! Hiermee sluit hulle hulle aan by Hardi en Roline Visser wat 200 saamtrekke in ‘n ry persoonlike mylpaal gedurende Desember 2008 by Mountain Breeze bereik het. Hannes en Joan die mylpaal bereik deur vir sewe en half jaar aanmekaar te kamp en nie een saamtrek te mis nie en hier is kortliks hoe die tydperk verloop het. Alreeds gedurende 2001 het die Mundeys as gaste saam met Tygerbergstreek gekamp, maar op daardie stadium in ‘n tent. Weens die feit dat KSA daardie jare nog ‘n reël gehad het dat jy slegs met ‘n karavaan kon aansluit as ‘n lid en Hannes en Joan alreeds hulle gaste kamp kwota oorskry het, koop hulle toe ‘n Caravette 4 in 2002 en kamp toe eers uiteindelik as volwaardige lede vir die eerste keer in Junie 2002 te Ou Skip. Hannes en Joan het gedurende hulle tydperk by Tygerbergstreek verskeie mylpale bereik – op streekvlak : 5-In-'n-Ry, 10de, 20ste, 30ste, 40ste en 50ste streek toekennings. Op nasionale vlak het hulle ‘n 10de en ‘n 25ste nasionale toekennings al ontvang. Hulle het alreeds 7 volhuise gedoen en 4 Snoektown saamtrekke bygewoon en ook 2 toere meegemaak. In 2009 word hulle ook vereer met die Presidents toekenning as gevolg van die feit dat hulle 5 lede by die streek laat aansluit het. Hannes en Joan dien beide op die Tygerbergstreek komittee - Hannes sedert 2005, tans as Onder-Voorsitter en Joan sedert 2007, tans in die portefulje van Sosiaal. Ons wens hulle baie geluk met hierdie besondere prestasie en alle voorspoed met die volgende 100! Baie Geluk Hannes & Joan Mundey |
|
Send mail to
webmaster@caravanclub.org.za with
questions or comments about this web site.
|